Afrikaanse Prenteboeke
Flippie en Vriende is ‘n reeks prenteboeke gemik op vroeë kinderontwikkeling wat alle Suid-Afrikaanse kinders sal vermaak en opvoed. Die boeke is ontwerp om kinders se aandag te boei en gebruik fantasie en pret terwyl leer ‘n onafskeidbare deel van die ondervinding is. Kinders leer deur herhaling, belangstelling en deelname. Dié reeks sluit by al hierdie leerbeginsels aan en is gewild onder biblioteekpersoneel, opvoeders en ouers.
Binnekort hier:
Higiëne met Flip, Flippie en Vriende.
Sleutelkenmerke van die reeks sluit in:
- Aantrekkingskrag lê in die helder, vrolike ontwerp
- Gemik op ‘n verskeidenheid ouderdomsgroepe (4–7 jaar)
- Interaktiewe inhoud
- Steun die ontwikkeling van taal en konsepte
- Verskillende tale kan gebruik word om ‘n tweede en derde taal op ‘n nie-bedreigende manier aan te leer